Waarheidsoeker. (@janelize_hefer) 's Twitter Profile
Waarheidsoeker.

@janelize_hefer

Ek lees woordeboeke in my vrye tyd. Ek haal nie asem nie, ek skryf. Prokureur. Digter. Dromer.

ID: 2675766873

calendar_today05-07-2014 12:28:24

912 Tweet

822 Followers

89 Following

Waarheidsoeker. (@janelize_hefer) 's Twitter Profile Photo

Die liefde het my kom soek met grys-blou oë en deur my geslaan soos weerlig. Die liefde het my hart geterg en versigtig nader getrek totdat dit elke sel in my liggaam oorgeneem het.

Waarheidsoeker. (@janelize_hefer) 's Twitter Profile Photo

Jy sien die krake wat soos valleie, dieptes los in my siel. Jy sien dit alles, en jou antwoord, eenvoudig soos ‘n kindsgebed: ek het jou lief.

Waarheidsoeker. (@janelize_hefer) 's Twitter Profile Photo

Dis vyf jaar later en alles het verander. Ek skryf nou aan pleitstukke in plaas van gedigte. Ek mis hoe dit was, toe ek nog kind kon wees.

Waarheidsoeker. (@janelize_hefer) 's Twitter Profile Photo

Die “ek is lief vir jou’s” oorval my gedagtes en ek versteek hulle met ‘n glimlag elke keer wanneer jy vra “wat nou”.

Waarheidsoeker. (@janelize_hefer) 's Twitter Profile Photo

Oor ‘n koppie rooibostee het ek my hart verloor- jy was onverwags, maar die koppies het opgehoop en my mure het binne sekondes verbrokkel.

Waarheidsoeker. (@janelize_hefer) 's Twitter Profile Photo

Soos die son deur die horison breek, is jy die konstante wat lig in my donkerste dele skyn en die mistigheid van my pad verlig.