Sterrejag (@sterrejagastro) 's Twitter Profile
Sterrejag

@sterrejagastro

Foto's van die ruimte vanaf 'n stoep in Berlyn.

ID: 1710000685914169344

linkhttps://www.youtube.com/@sterrejag calendar_today05-10-2023 18:35:28

50 Tweet

17 Takipçi

14 Takip Edilen

Sterrejag (@sterrejagastro) 's Twitter Profile Photo

56 ure op ons naaste kosmiese buurman - M31, Die Andromeda sterrestelsel. M31 is die verste objek wat jy met jou blote oog kan sien. Die foto is saamgestel uit 16 ure se breëbanddata wat ek langs die Duitse Kus versamel het en 40 ure se smalbanddata vanaf die stoep.

NGC 7635 - Die Borrelnewel. Die foto is oorweldigend rooi omdat hierdie deel van die Melkweg meestal uit waterstof bestaan. Die borrel in die middel van die foto is egter pienk, danksy 'n groot hoeveelheid geioniseerde suurstof wat daar wegkruip.

Komeet C/2023 A3 Tsuchinshan-ATLAS is uiteindelik in Duitsland sigbaar. Ek het dit met 'n DSLR afgeneem op 'n heuweltjie in 'n landery net buite die buurt. Hier is 13 minute bymekaargestapel (die res van die data het laagliggende wolke en dakke in die pad).

Ek het die Sekelnewel teen 4 verskillende fokusafstande afgeneem - van 'n selfoon op die strand tot 'n teleskoop met 'n 2 meter fokusafstand. Een van my gunstelingprojekte nog! youtube.com/watch?v=JX9BhW…

Sterrejag (@sterrejagastro) 's Twitter Profile Photo

Hier is 'n collage van sommige van die teikens wat ons in 2024 gejag het. Dit was die eerste jaar waartydens ek 'n toegewyde sterrekundige kamera ingespan het, soos 'n regte grootmens. (Nou's ek ook lekker arm. Soos 'n regte grootmens.) Voorspoedige 2025 vir almal!

Hier  is 'n collage van sommige van die teikens wat ons in 2024 gejag het.  Dit was die eerste jaar waartydens ek 'n toegewyde sterrekundige kamera  ingespan het, soos 'n regte grootmens. (Nou's ek ook lekker arm. Soos 'n  regte grootmens.)

Voorspoedige 2025 vir almal!
Sterrejag (@sterrejagastro) 's Twitter Profile Photo

'n Onvoltooide foto van M81 (Bode se Sterrestelsel) - saamgestel uit 'n skamele 7 ure se beligting. Dis nog winter in Duitsland en dag en nag is meestal oortrek met wolke. Ek kon wel twee halwe aande op M81 spandeer, en dit is sover die resultaat. Ek kort ten minste nog 4 maal

'n Onvoltooide foto van M81 (Bode se Sterrestelsel) - saamgestel uit 'n skamele 7 ure se beligting.

Dis nog winter in Duitsland en dag en nag is meestal oortrek met wolke. Ek kon wel twee halwe aande op M81 spandeer, en dit is sover die resultaat. Ek kort ten minste nog 4 maal
Sterrejag (@sterrejagastro) 's Twitter Profile Photo

160 ure op M81 - Bode se Sterrestelsel. 'n Skamele 12 miljoen ligjare van ons af. Ontdek deur Johann Bode in Berlyn op oujaarsaand in 1774. Slegs sigbaar in die Noordelike Halfrond. In hierdie foto is objekte op rofweg 4 verskillende tydskale: 1) M81 (die groot ding in die

160 ure op M81 - Bode se Sterrestelsel. 'n Skamele 12 miljoen ligjare van ons af. Ontdek deur Johann Bode in Berlyn op oujaarsaand in 1774. Slegs sigbaar in die Noordelike Halfrond.

In hierdie foto is objekte op rofweg 4 verskillende tydskale:

1) M81 (die groot ding in die
Sterrejag (@sterrejagastro) 's Twitter Profile Photo

24 ure op die M81-groep. Ek het 'n 430mm refraktor en 'n ou DSLR gebruik om hierdie groepie sterrestelsels af te neem. Hulle is met swaartekrag aan mekaar verbind nes ons met Andromeda en die Magellaanse Wolke verbind is. Hulle "val" dus tegnies na mekaar toe. Die groep is

24 ure op die M81-groep. Ek het 'n 430mm refraktor en 'n ou DSLR gebruik om hierdie groepie sterrestelsels af te neem. Hulle is met swaartekrag aan mekaar verbind nes ons met Andromeda en die Magellaanse Wolke verbind is. Hulle "val" dus tegnies na mekaar toe.

Die groep is
Sterrejag (@sterrejagastro) 's Twitter Profile Photo

Die Sielnewel (Westerhout 5) gefotografeer met 'n DSLR en 'n 430mm teleskoop. Dis ongeveer 114 ligjare wyd. As jy 'n flitslig aan die een kant skyn en iemand word aan die ander kant gebore, sal die lig hulle bereik nadat hulle gesterf het. Die newel is 'n sterrefabriek. Nuwe

Die Sielnewel (Westerhout 5) gefotografeer met 'n DSLR en 'n 430mm teleskoop. Dis ongeveer 114 ligjare wyd. As jy 'n flitslig aan die een kant skyn en iemand word aan die ander kant gebore, sal die lig hulle bereik nadat hulle gesterf het.

Die newel is 'n sterrefabriek. Nuwe
Sterrejag (@sterrejagastro) 's Twitter Profile Photo

IC 2944 - Die Hollende Hoender. Ou data vasgevang in 2023 met 'n Canon DSLR en 'n 430mm teleskoop in Suid-Afrika, vanuit die erg ligbesoedelde burbs. Die eerste een (blou en pienke) is 'n valskleur foto met genormaliseerde stuurstofdata. Dit beteken dat die suurstof sein

IC 2944 - Die Hollende Hoender. Ou data vasgevang in 2023 met 'n Canon DSLR en 'n 430mm teleskoop in Suid-Afrika, vanuit die erg ligbesoedelde burbs.

Die eerste een (blou en pienke) is 'n valskleur foto met genormaliseerde stuurstofdata. Dit beteken dat die suurstof sein
Sterrejag (@sterrejagastro) 's Twitter Profile Photo

Galaxy season was vanjaar nie so suksesvol nie. Die weer het nie lekker saamgespeel nie, en ek kon slegs twee sterrestelsels tydens die Duitse Lente vasvang. Nieteenstaande, hier is die eerste een! Sê hallo vir M106, 'n Spiraalvormige sterrestelsel in die sterrebeeld Canes

Galaxy season was vanjaar nie so suksesvol nie. Die weer het nie lekker saamgespeel nie, en ek kon slegs twee sterrestelsels tydens die Duitse Lente vasvang.

Nieteenstaande, hier is die eerste een! Sê hallo vir M106, 'n Spiraalvormige sterrestelsel in die sterrebeeld Canes
Sterrejag (@sterrejagastro) 's Twitter Profile Photo

Messier 82 (Die Sigaarsterrestelsel) - 'n hoogs aktiewe sterrestelsel ("starburst galaxy") sowat 12 miljoen ligjare van ons af. Sterre hier vorm teen 'n veel vinniger tempo as in die Melkweg en 'n supernova ontplof hier ongeveer elke tien jaar. Op 'n kosmiese tydskaal is dit