landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile
landbou.com

@landbou

Landbou.com is Landbouweekblad se webwerf - Boer op ons werf

ID: 21378047

linkhttp://www.landbou.com calendar_today20-02-2009 05:50:50

42,42K Tweet

20,20K Followers

3,3K Following

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Nadat die voëlgriep-uitbreking in Suid-Afrika sedert 2017 ’n groot krisis vir Namibië se invoer van dagoudkuikens en hoendervleis veroorsaak het, het die invoer vanjaar weer begin styg. landbou.com/markte/lewende…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Klimaatsdata dui aan dat vanjaar, afhangend van die temperature gemeet tot die einde van die jaar, die tweede of derde warmste jaar op rekord kan wees. Die warmste jaar bly steeds 2024. landbou.com/weer/2025-kan-…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Onsekerheid oor toegang tot water vir besproeiing sal waarskynlik ’n uitwerking hê op beleggings in die landbousektor, grondwaarde en produksie van kommoditeite. Dit is die mening van Annelize Crosby, Agbiz se nuwe hoof van regsintelligensie. landbou.com/bedrywe/bedryf…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Minder verkeer, minder koolstofvrystellings, geen grondgebruik nie en groter padveiligheid. landbou.com/bedrywe/tuinbo…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Sedert Julie vanjaar, is daar reeds 237 gevalle van die bloutongvirus (BTV) in die Verenigde Koninkryk aangemeld. landbou.com/bedrywe/diere/…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Met ’n sterk praktiese ingesteldheid en ’n liefde vir teling het Mpumalanga se Jongboer van die Jaar ’n unieke slimboerdery-model geskep wat wetenskap en boerelogika kombineer vir bestendige kontantvloei en winsgewendheid. landbou.com/bedrywe/diere/…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

’n Nuwe poging is onderweg om Terbufos as plaagdoder in die land verbied te kry nadat ’n kennisgewing oor die voorgenome verbod op 1 Desember in die Staatskoerant afgekondig is. Belanghebbendes het 14 dae gekry om daarop kommentaar te lewer. landbou.com/bedrywe/bedryf…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Veeartse, boere en ander belanghebbendes sal op Vrydag 12 Desember op Potchefstroom aan ’n werksessie deelneem om oplossings te soek vir die bestuur van die huidige uitbreking van bek-en-klouseer. landbou.com/bedrywe/diere/…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Suid-Afrika se landbousektor is een van die min ligpunte in ’n andersins stagnerende ekonomie. Terwyl die breër ekonomie sukkel om selfs 1% groei te haal, het die landbousektor van April tot September vanjaar met byna 10% gegroei. landbou.com/jongste-tydskr…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Ná 33 jaar het Niël Viljoen as die Nasionale Wolkwekersvereniging se roofdiernavorser uitgetree met ’n magdom kennis oor ’n probleem wat volgens hom nou krisisafmetings aanneem. Landbouweekblad het met hom gesels. landbou.com/jongste-tydskr…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Die slagprys van beeste het verlede week skerp geval deurdat slagplase tans oorvol is. Die vraag op almal se lippe is wat dit vir die mark kan beteken, sê dr. Johann van der Merwe van AMT. landbou.com/markte/marknuu…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Botswana se onlangse hernude verbod om groente vanuit Suid-Afrika in te voer, is uit verskeie oorde gekritiseer en word beskou as die verkeerde beleid om te volg. landbou.com/bedrywe/tuinbo…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Suid-Afrika word nie uitgesluit in die jongste wetsontwerp om die Amerikaanse wet op groei en geleenthede (Agoa) vir drie jaar te verleng nie, maar ’n Amerikaanse senator beskryf Suid-Afrika as “Amerika se vyand”. landbou.com/markte/marknuu…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

’n Tweede, sterker kouefront sal Vrydag arriveer in die suid-wes Kaap met reënweer en sterk winde. Voor dit, bring ’n trog swaar buie en donderstorms na die Noord-Kaap, Vrystaat en Oos-Kaap, met 30–50mm reën moontlik. landbou.com/weer/12-desemb…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Amerikaanse saaiboere wat vanjaar deur groot verliese in die gesig gestaar word, verwelkom pres. Donald Trump se $12 miljard-hulppakket wat Maandag aangekondig is. landbou.com/bedrywe/bedryf…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Willie Aucamp, Suid-Afrika se nuwe minister van bosbou, visserye en omgewingsake, glo ná afloop van die onlangse G20-beraad in Suid-Afrika, dat Afrika se stem nog nooit soveel gewig binne die G20 gedra het nie. landbou.com/bedrywe/bedryf…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Agri SA sê hy het kennis geneem van die nasionale minimumloonkommissie se voorstel om die nasionale minimum loon van 1 Maart 2026 met die verbruikersprysindeks (VPI) plus 1,5% te verhoog. Die landbou-organisasie waarsku egter hieroor. landbou.com/nuus/agri-sa-w…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

’n Onbenutte voorraad koring wat plaaslike pryse onderdruk, is besig om op te bou omdat kopers meer koring invoer as wat plaaslik nodig is. landbou.com/nuus/onbenutte…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Hoewel daar baie onsekerheid oor die lae markpryse is, is daar ’n potensiaal vir groot bemarkingsgeleenthede vir Suid-Afrika se boere aan die begin van 2026. landbou.com/markte/marknuu…

landbou.com (@landbou) 's Twitter Profile Photo

Natsure is daardie onsigbare hand wat boere bystaan wanneer iets skeefloop met hul vliegtuie. Hier is ’n uittreksel uit hulle episode wat op Landweekliks uitgesaai het. Om die hele episode te kyk, volg hierdie skakel: landbou.com/leefstyl/vlieg…