vlindersiel (@vlindersiel) 's Twitter Profile
vlindersiel

@vlindersiel

ID: 817714225309163520

calendar_today07-01-2017 12:47:18

166 Tweet

383 Followers

87 Following

vlindersiel (@vlindersiel) 's Twitter Profile Photo

Jy het my gisteraand vertel hoe die harde woorde tussen jou ma en pa jou kleintyd uitmekaar geruk het en jou tyd vir stukke optel min was in 'n huis vol gebreekte mense. "Hulle het iewers gedurende hulle weerdersydse vernietiging my menswees verwoes."

vlindersiel (@vlindersiel) 's Twitter Profile Photo

Ek het alles wat ons was verbrand tot as En dit in die see gestrooi Met die weggooi Het my vingers gebewe maar ek wou net so graag lewe sonder my bestaan wat gestagneer het in jou wentelbaan Ek wou net weer wees ek wou net die ek wees sonder jou.

vlindersiel (@vlindersiel) 's Twitter Profile Photo

Soms is die verniettiging van die verkeerde ding op die verkeerde tyd gesê so vel dat enige kans op herstel tevergeefs is.

vlindersiel (@vlindersiel) 's Twitter Profile Photo

Vanaand brand die verlange na jou in my hart weer vel. Dans droombeelde van verlore oomblikke in my gedagtes rondomtalie. Op die note van gister se onthou.

vlindersiel (@vlindersiel) 's Twitter Profile Photo

Jy het nog net my donker kant beleef. Hoe wens ek nie ek kon vir jou kaalvoet dans in die reën soos toe ek 18 was en nog halfpad heel was nie. Dan sou jy kon hoor hoe my lag geklink het. En geweet het hoe my lippe geproe het sonder die sout van trane.

vlindersiel (@vlindersiel) 's Twitter Profile Photo

Voor jou kon ek nie glo in hoop nie, ek was te bang. Want die lewe het my keer op keer laat opkyk na 'n sterrelose hemel en in die donker laat struikel oor my stukkende drome. Saam met jou weet ek nou daar is 'n lig aan die einde van dit alles.

vlindersiel (@vlindersiel) 's Twitter Profile Photo

In al die vol vertrekke dwaal my oë doelloos opsoek na jou. In die wêreld binne my bly almal vreemdelinge. Want ek het agtergebly in die straat daar waar jou kar se ligte finaal om die draai verdwyn het. Nou is gesprekke woorde sonder klanke. Als sinneloos.

vlindersiel (@vlindersiel) 's Twitter Profile Photo

Jy is waardig. Ek weet hoe hard jy teen die teendeel gedagtes in jou kop baklei. So hou aan veg. Jy is dit aan jouself verskuldig om uit te vind dat lewe die moeite werd is.

vlindersiel (@vlindersiel) 's Twitter Profile Photo

As die donker my kom haal En asemhaal moeilik raak As ek gestroop en kaal, dink niks maak meer saak. Sal jy my kan leer leef na ek vir so lank nie wou? Of sal ek vir altyd streef na alles behalwe 'n bestaan bou?

vlindersiel (@vlindersiel) 's Twitter Profile Photo

Jy was my self-behoud terwyl my binnemure verkrummel en my heelal grond toe val en ek onsamehangend iewers tussen gister en môre myself probeer vind.