Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile
Wegtydskrif

@wegtydskrif

Deel in die Weg-ervaring! Lees oor interessante plekke en mense, kyk foto’s, kry resepte én wen gawe pryse. Jou reis begin hier…

ID: 197433001

linkhttp://www.weg.co.za calendar_today01-10-2010 13:59:35

7,7K Tweet

3,3K Followers

99 Following

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

Uit Weg Ry & Sleep: Dit is een ding as jou kinders verhuis, maar ’n heel ander storie as hulle fisieke huis al die pad saamgesleep moet word… en jy moet help! Jurie en Helena Schoeman van Northcliff vertel: brnw.ch/21wMtsF 🏠💨

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

[GRATIS] Gaan jy iewers dié week ’n vleisie oor die kole gooi? Maak vir jou ook ’n broodjie in die pot! Kry die resep hier: brnw.ch/21wMtTU 😋🥖

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

[GRATIS] Uit die argief: Dis goed om jouself soms in berge te verloor. Die Rim of Africa-staproete – wat naby Clanwilliam begin en op Knysna eindig – bied jou oorgenoeg geleentheid hiervoor, selfs al stap jy net ’n deel daarvan. Toast Coetzer vertel: brnw.ch/21wMuHD 🌄🚶

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

Dié brownies is ’n ware bederf en sal enige suikertand se stoutste verwagtinge oortref! Maak seker jy maak ’n ekstra baksel, want hierdie lekkernye gaan vinnig verdwyn! Kry die resep hier: brnw.ch/21wMvvJ 😋🍫

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

Hoeveel mense kan sê hulle het een van die mees afgeleë eilande op aarde besoek? Ontvlug die alledaagse en ontdek die versteek juweel van St Helena-eiland! brnw.ch/21wMw31

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

[GRATIS] Uit die argief: Die leser Antonie de Klerk en sy vrou, Irma, besoek woude, gletsers en sneeubedekte berge in Kanada en Alaska, en is glad nie gepla met die koue nie. Lees meer oor hul avontuur: brnw.ch/21wMw8T 🏔️☃️🌲

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

Geborg: Verlustig jou in die elegansie van barokmusiek in die Kruger- Nasionale Park! Sluit hierdie September by ons aan vir #BaroqueInTheBush – drie onvergeetlike aande van musiek onder die Afrika-hemelruim. Bespreek jou plek nou! brnw.ch/21wMw9z

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

In ’n grotendeels plat landskap soos Botswana se sentrale en noordelike dele staan bome prominent uit – en dis hierdie bome wat Botswana se piekniekplekkies aanloklik maak. Toast Coetzer vertel: brnw.ch/21wMx3D 🛣️

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

Uit Weg Ry & Sleep: Nyani-lodge doen al etlike jare besigheid net buite Dinokeng se Groot Vyf-grensdrade, maar het jy geweet hier is ook ’n kampplek? Lees meer: brnw.ch/21wMxYy 🏕️

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

[GRATIS] Dié tertjies is nie net maklik en vinnig om te maak nie – dit is al ’n ou Weg-gunsteling! Kry die smulresep hier: brnw.ch/21wMytx 😋🍽️

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

[GRATIS] Uit die argief: Die R355 tussen Springbok en Ceres is niemand se speelmaat nie. Maar Henko Roukema moes kies: óf hy sit vir ure aaneen verveeld in ’n motor terug Kaap toe, óf hy pak ’n berugte agterpad terug huis toe op sy fiets. Hy vertel: brnw.ch/21wMzdB 🚵‍♂️

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

Die Lebomboberg vorm die ruggraat van ’n reuse-oorgrensbewaringsgebied. Hier is woude, watervalle, berge, valleie, vleilande én see. En hier’s volop diere, voëls en visse. Trouens, hier’s byna alles in oorvloed, behalwe ander toeriste. Kom reis saam: brnw.ch/21wMA7F 🤸

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

Diép in die Noord-Kaap, in ’n kol wat ’n stadsjapie sou beskryf as tussen niks en nêrens, het die Oranjerivier ’n diep groef deur pikswart rots gekerf. Kom dryf drie dae saam deur dié oerlandskap blinkgepoets deur son en water: brnw.ch/21wMAIE 🚣

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

[GRATIS] Uit die argief: In 2016 het Amanda en Dennis Walden van Johannesburg ’n reën- en haelbui in die Kgalagadi-oorgrenspark beleef. Hierdie ervaring het hulle nuwe respek vir die natuur gegee. Hulle vertel: brnw.ch/21wMBCs 😮

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

Vinnig en maklik in die lugbraaier! Bros aartappelwiggies is reeds ’n smullekker bykos, maar gee dit ’n Griekse kinkel vir ’n heel ander geurdimensie! Kyk net dié resep: brnw.ch/21wMCBt 😋🥔

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

Sodra jy begin voëls kyk, is jy reeds by omdraai verby. Voor jy weet, beplan jy elke vakansie rondom spesies wat nog op jou lewenslysie kort, sê Faansie Peacock. Lees meer: brnw.ch/21wMD79 😄

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

[GRATIS] Uit die argief: Bittermin reisigers het al by ’n padkamp stilgehou. Dana Snyman was by ’n hele paar. Hy vertel: brnw.ch/21wMDTJ 👏

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

Uit Weg Ry & Sleep: Toe hy in 2023 sy 70ste verjaardag vier, het Charles Foster van Oos-Londen besluit om ’n bietjie avontuur by sy goue jare te voeg en vir elkeen van sy oorblywende jare iets ongewoons aan te durf. Lees meer: brnw.ch/21wMEO1 🎣💪

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

[GRATIS] Met maalvleis en skilferkorsdeeg kan jy ’n smullekker dis optower! Jy kan kortpad kies met winkeldeeg, en die res van die resep is vinnig. Klik hier vir die resep: brnw.ch/21wMF4u 😋🥧

Wegtydskrif (@wegtydskrif) 's Twitter Profile Photo

[GRATIS] Uit die argief: Met sy grasperke, visdamme en die Sharkrivier wat daardeur vloei, was Happy Valley, aan die landkant van Humewoodstrand, baie gewild onder Baaise sonsoekers. Lees hier oor die geskiedenis agter dié kiekie: brnw.ch/21wMFqW 🏖️