Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile
Rapport

@rapportsa

Toonaangewende Suid-Afrikaanse Sondagpublikasie

ID: 117436372

linkhttps://www.netwerk24.com/rapport calendar_today25-02-2010 15:19:19

41,41K Tweet

104,104K Followers

976 Following

Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

Fikile Mbalula, die ANC se sekretaris-generaal het sy hande vol om die SAKP- en Cosatu-perde op stal te hou. Tim du Plessis en Liezel de Lange gesels oor die spanning tussen die ANC en sy alliansievenote met die regerende party. LUISTER HIER: brnw.ch/21wMn04

Fikile Mbalula, die ANC se sekretaris-generaal het sy hande vol om die SAKP- en Cosatu-perde op stal te hou. Tim du Plessis en Liezel de Lange gesels oor die spanning tussen die ANC en sy alliansievenote met die regerende party.

LUISTER HIER: brnw.ch/21wMn04
Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

Rassie Erasmus het nie gehou by die Springbokke se wenresep op Ellispark nie. Die Bok-afrigter het vyf veranderinge en twee posisionele skuiwe aan sy beginspan vir Saterdag se Rugbykampioenskap-toets teen die All Blacks in Kaapstad gemaak.

Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

Druk die plakkaat uit om te gaan rondswaai by die stadion of waar jy die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks kyk. Plaas 'n foto met die plakkaat aanlyn met die hutsmerk #BokRapport en jy kan die boek ‘Rapport 30 Beste Bokke’ wen. Plakkaat: brnw.ch/21wMnMw

Heelwat bekendes het vanoggend die Springbokke se kapteinsoefening by die Kaapstad-stadion voor môre se groot toets teen die All Blacks bygewoon. Onder hulle tel Alan Winde, Geordin Hill-Lewis, die oud-Sprinbok Francois Louw en die Olimpiese swemmer en medaljewenner Chad le Clos.

Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

Inge Kühne en Hanlie Retief deel staaltjies, stories en herinneringe aan die akademikus en joernalis dr. Anastasia de Vries. LUISTER HIER: brnw.ch/21wMpxv

Inge Kühne en Hanlie Retief deel staaltjies, stories en herinneringe aan die akademikus en joernalis dr. Anastasia de Vries.  LUISTER HIER: brnw.ch/21wMpxv
Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

Wen 'n eksemplaar van Rapport se Top 30 Bokke deur ons Haka GK-plakkaat uit te druk. Om in aanmerking te kom, neem ’n foto van jouself of vriende met die plakkaat en plaas op sosiale media met die hutsmerk #BokRapport Laai ‘n hoë resolusie pdf af by brnw.ch/21wMpTM

Hendrik Cronjé (@hendrikcronje71) 's Twitter Profile Photo

It is confirmed that we will have another flyover today. The singing of the national anthems will take place at 16:53, the New Zealand Haka at 16:57 and the Flysafair fly over at 16:59. #Springboks 🇿🇦🇳🇿🏉💚

Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

Rapport Beleef, Sondag 8 September 2024 Anél Potgieter skryf oor die dag toe ek anders begin eet het; Ons besoek Paternoster vir die kuns en die kuiers ; en ons vat Mozart se spoor in Salzburg.

Rapport Beleef, Sondag 8 September 2024

Anél Potgieter skryf oor die dag toe ek anders begin eet het; Ons besoek Paternoster vir die kuns en die kuiers ; en ons vat Mozart se spoor in Salzburg.
Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

Rapport Weekliks, Sondag 8 September 2024 Die haka en All Black-rugby gaan saam soos spek en eiers skryf Albert Heenop en die ANC het dit nodig gevind om van baie amptenare ontslae te raak nadat hulle aan die bewind gekom het skryf Pieter du Toit.

Rapport Weekliks, Sondag 8 September 2024

Die haka en All Black-rugby gaan saam soos spek en eiers skryf Albert Heenop en die ANC het dit nodig gevind om van baie amptenare ontslae te raak nadat hulle aan die bewind gekom het skryf Pieter du Toit.
Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

Duisende Bok-ondersteuners sak toe op Kaapstad-stadion vir vandag se toets tussen die Springbokke en die All Blacks. Binne die stadion neem Edwill van der Merwe ‘n paar selfies saam met ondersteuners en Cobus Reinach en Kurt-Lee Arendse deel handtekeninge uit voor afskoptyd.

Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

'n Voorstel om gesondheidsorg vir armes uit te brei sonder om private mediese fondse nek om te draai, kry betekenisvolle steun uit ANC-geledere. In sportnuus: Die Cheetahs skuld Jan Taks miljoene rande. En Rapport se kenners ontleed die toets teen die All Blacks.

'n Voorstel om gesondheidsorg vir armes uit te brei sonder om private mediese fondse nek om te draai, kry betekenisvolle steun uit ANC-geledere.
In sportnuus: Die Cheetahs skuld Jan Taks miljoene rande. En Rapport se kenners ontleed die toets teen die All Blacks.
Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

Kyk vandag na Rapport se nuwe dokumentêr oor die Deveney Nel moordsaak. Senior joernaliste Julian Jansen en Bohemia Jumatt, saam met die gemeenskapsaktivis Isabel Bailey, praat oor die intrige wat gevolg het nadat die tienermeisie by die Hoërskool Overberg vermoor is.

Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

Hoe oorleef ‘n burgemeester mosies van wantroue, ‘n cholera-uitbraak, ‘n gewelddadige vakbondstaking, kragdiewe, byna-bankrotskap en koalisie-vennote wat teen jou draai? Cilliers Brink, Tshwane se burgemeester deel sy rillerverhaal.

Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

Toe die voormalige VF+-raadslid van Tshwane, Rentia Landman ’n nuwe beddinkie op die sypaadjie voor haar huis in Lyttleton wou maak, was haar verbasing groot toe ’n metropolisiebeampte dié dag by haar stop en sê “Dit is raadseiendom, jy mag nie hier werk nie.”

Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

Na meer as 50 jaar se ondersteuning vir die All-Blacks, het Trevor Heinrich (68) besluit om sy swart trui te verruil vir dié van groen en goud!

Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

Hendrik Cronjé is oortuig Argentinië se rekordsege oor Australië het Rassie Erasmus se planne so effens deurmekaar gekrap. Verwag dus ’n breker-Bomb Squad volgende naweek in Santiago. LUISTER HIER: brnw.ch/21wMyN2

Hendrik Cronjé is oortuig Argentinië se rekordsege oor Australië het Rassie Erasmus se planne so effens deurmekaar gekrap. Verwag dus ’n breker-Bomb Squad volgende naweek in Santiago.

LUISTER HIER: brnw.ch/21wMyN2
Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

Rapport Beleef, Sondag 15 September 2024 Baie mense leef met hoë bloeddruk, maar is salig onbewus daarvan tot ’n gesondheidskrisis soos ’n beroerte hulle tref, skryf Jandri Barnard en blus jou lus met ’n glutenvrye koekbederf.

Rapport Beleef, Sondag 15 September 2024

Baie mense leef met hoë bloeddruk, maar is salig onbewus daarvan tot ’n gesondheidskrisis soos ’n beroerte hulle tref, skryf Jandri Barnard en blus jou lus met ’n glutenvrye koekbederf.
Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

Rapport Weekliks, Sondag 15 September 2024 Donald Trump se eiewaan vorm weer die kern van die verkiesingstryd, skryf Jaco Kleynhans. Die dag toe sy pêl begin moeilikheid soek met Boereworsvingers in Pater­noster se Panty Bar het hy amper sy Maker ontmoet, skryf Ian Roberts.

Rapport Weekliks, Sondag 15 September 2024

Donald Trump se eiewaan vorm weer die kern van die verkiesingstryd, skryf Jaco Kleynhans. Die dag toe sy pêl begin moeilikheid soek met Boereworsvingers in Pater­noster se Panty Bar het hy amper sy Maker ontmoet, skryf Ian Roberts.
Rapport (@rapportsa) 's Twitter Profile Photo

Ons onthul waarom die hoof van een van Suid-Afrika se beroemdste skole geskors is. Lees alles oor die heen-en-weer oproepe tussen Afrikaner-leiers en pres. Cyril Ramaphosa wat daartoe gelei het dat sekere aspekte van die omstrede Bela-wetgewing vir eers op ys geplaas word.