Esmarie Yssel (@esmarieyssel) 's Twitter Profile
Esmarie Yssel

@esmarieyssel

Pretoria FM anchor, journo and producer. Casual writer, gardener, dreamer. Trots Afrikaans. Crazy about my husband, adore my beardies and God’s creation...

ID: 337004325

calendar_today17-07-2011 08:37:10

1,1K Tweet

1,1K Followers

529 Following

Esmarie Yssel (@esmarieyssel) 's Twitter Profile Photo

#Maandagmotivering: Kommer is 'n gesprek wat jy met jouself het oor dinge wat jy nie kan verander nie. Gebed is 'n gesprek wat jy met God het oor dinge wat Hy kan verander. - Skrywer onbekend.

Esmarie Yssel (@esmarieyssel) 's Twitter Profile Photo

My vreugdevure brand hoog: Dit bring 'n einde aan 'n onmenslike vorm van "jag", as mens dit jag kan noem. Dank die hemele dit bring ook 'n einde aan interaksie met leeus vir sogenaamde toerisme! To cuddle a cub in captivity is NOT on. thesouthafrican.com/lifestyle/envi…

Esmarie Yssel (@esmarieyssel) 's Twitter Profile Photo

My ouers woon op Donkerhoek. Hulle het die naweek wéér 2 voorvalle oor die GPF-radio's gekry. Motoriste val nou ten prooi van ’n misdaadtendens: “spiking”. Boewe gooi laataand spykeragtige prakseersels oor die pad - N4 en N1. Hulle dwing jou só van die pad af. Moenie aftrek nie.

Esmarie Yssel (@esmarieyssel) 's Twitter Profile Photo

"Being in a relationship has its perks. Being single has its perks. It's crazy how your outlook on life changes once you realize you are the perk." - J. Wesley

Esmarie Yssel (@esmarieyssel) 's Twitter Profile Photo

"Meet jou rykdom nie aan dinge wat jy besit nie, maar aan dié dinge wat jy nooit vir geld sal verruil nie." - Skrywer onbekend.

Esmarie Yssel (@esmarieyssel) 's Twitter Profile Photo

Die lewe is te kort om met spyt te leef. Wees lief vir die mense wat goed is vir jou. Vergeet van dié wat nie is nie. Glo dat alles met ’n doel gebeur. As jy ’n tweede kans kry, gryp dit aan. Niemand het gesê die lewe gaan maklik wees nie, maar dat dit die moeite werd gaan wees.

WWF (@wwf) 's Twitter Profile Photo

🐳Whales are amazing #climate-friendly HEROES! Storing planet-warming carbon in their bodies – 33 tons of it on average over a lifetime! That’s equivalent to 1,000 trees😮But they face many threats and need our help! RT to show your❤️for whales. Shutterstock/Earth theater/WWF

🐳Whales are amazing #climate-friendly HEROES! Storing planet-warming carbon in their bodies – 33 tons of it on average over a lifetime! That’s equivalent to 1,000 trees😮But they face many threats and need our help! RT to show your❤️for whales.

Shutterstock/Earth theater/WWF
Esmarie Yssel (@esmarieyssel) 's Twitter Profile Photo

This is the sad, raw reality within our country at the moment. Incredible images captured by Thuthuka Zondi . We - despite the brazen criminal behaviour we're seeing - have to remember that there are still many good people around. bbc.com/news/av/world-…

Esmarie Yssel (@esmarieyssel) 's Twitter Profile Photo

We need to hang around people who pour water on the fires of our fears and throw petrol on the passions of our dreams. - Author unknown (but very wise!)

Esmarie Yssel (@esmarieyssel) 's Twitter Profile Photo

My pa sê nou-die-dag vir my hy't nie geweet vrouens gebruik hulle arms in die borsslag nie. Lag my slap vir my ou pa se grappie! :)

Esmarie Yssel (@esmarieyssel) 's Twitter Profile Photo

Ek kyk na video's van die EFF-lede wat na Huis Herfsblaar opgeruk het. Die Moot-manne bied 'n weerstandmuur buite. Ons gaan 100 % afhanklik raak van ons gemeenskapstrukture. Die EFF - nou 8 jaar oud - gaan nêrens; daarom is dié "opstaan teen onlusmakers" die enigste uitweg.

Esmarie Yssel (@esmarieyssel) 's Twitter Profile Photo

Het jy geweet die Olimpiese Spele-medaljes is gemaak uit sowat 80-duisend ton se herwinde elektroniese toebehore, soos ou selfone en skootrekenaars, wat deur die publiek geskenk is?

Die hof hoor dat oudpres. Zuma in lewensgevaar verkeer na 'n traumatiese besering in 2020 en dat hy nou SES MAANDE se mediese sorg benodig. Ons woorde oor 'n nuwe seldsame tronksiekte is nog nie eers koud nie. Daar's hy nou.

Esmarie Yssel (@esmarieyssel) 's Twitter Profile Photo

Jy't seker gesien hoe begrafnisgangers by Kebby Maphatsoe se teraardebestelling sommer net - omdat hulle kan - vuurwapens in die lug afvuur. Daar tref 'n dwaalkoeël toe 'n 75-jarige vrou in 'n versorgingsoord in die been. Van wanneer af vat mens vuurwapens begrafnisse toe?

Esmarie Yssel (@esmarieyssel) 's Twitter Profile Photo

As jy lief is vir gee: tyd, omgee, geskenkies - stel vir jouself grense, want dié wat lief is om te ontvang het gewoonlik nie grense nie. Dit is nou, meer as ooit, tyd dat jy jouself eerste stel, al is jy lief vir gee. Hoe maak 'n leë glas ander vol? - My gedagte vir die dag.

Esmarie Yssel (@esmarieyssel) 's Twitter Profile Photo

Die EFF-leier, Julius Malema, het by ’n verkiesingsaamtrek wéér die oë laat rek, omdat hy die gehoor aangemoedig het om meer kinders te hê, omdat Sassa hulle kan befonds. Malema het gesê die huidige geslag ouers is lui om voort te plant, omdat hulle slegs 3 of 4 kinders wil hê.

Esmarie Yssel (@esmarieyssel) 's Twitter Profile Photo

Ons kort 'n bietjie goeie nuus. Ons atleet, Stephen Mokoka het die Kaapstad-marathon van 42,2km gewen. In die vroue-marathon het Gerda Steyn 4de geëindig. Daarmee saam is Lalela Mswane van KZN aangewys as ons nuwe Mej. SA. Jammer ek kan nie sê JZ is terug in die tronk nie.